Skip to main content

‘n Manlike verpleër is deur die Oos-Kaapse departement van gesondheid geskors oor bewerings dat hy glo verlde Dinsdagaand ‘n pasiënt in ‘n toilet by die Tayler Bequest-hospitaal in Matatiele verkrag het. Die voorval is die volgende dag by hospitaalbestuur aangemeld waarna die polisie ontbied is. Die pasiënt is na die Thuthuzela-sorgsentrum geneem sodat forensiese ondersoekers monsters kon neem vir die saak.

Majola Nkohli, ‘n polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die 30-jarige verdagte is in aanhouding ná ‘n eerste hofverskyning verlede Vrydag en sy saak is tot eerskomende Vrydag uitgestel vir ‘n borgtogaansoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!