Skip to main content

‘n Gqeberha-prokureur se hofsaak is weer in die Gqeberha-handelsmisdaadhof uitgestel sodat hy nuwe regsverteenwoordiging kan bekom.

Louis Erasmus se een vorige advokaat is as landdros bevorder en ‘n ander een het gesterf

Erasmus, wat in 2018 gearresteer is, is aangekla van geldwassery, diefstal asook die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad. Hy het na bewering miljoene rande van minstens sewe kliënte gesteel uit sy prokureursfirma se trustrekening asook die kuratorrekeninge waarin begunstigdes van uitbetalings uit die Padongelukkefonds (POF) betaal is.

Hy is ook aangekla van die oortreding van die Prokureurswet aangesien hy kliënte tussen 2012 en 2014 in die hof verteenwoordig het sonder dat hy in besit was van ‘n geldige Getrouheidsfondssertifikaat, asook oortreding van die Boedelwet.

Sy saak is uitgestel tot 18 Oktober.

Leave a Reply

error: Content is protected !!