Skip to main content

Die Provinsiale Unti-Onwettige Mynbou-taakspan en georganiseerde misdaadondersoekeenheid het eergister deurtydens ‘n operasie vier manlike verdagtes van tussen 22 en 44 jaar in hegtenis geneem vir onwettige mynaktiwiteite en oortreding van immigrasiewet by Diphale-Legabeng in die Sekhukhune-distrik.

Met aankoms van die Polisie op die terrein het ‘n groot aantal mense glo van die toneel in verskillende rigtings weggehardloop om arrestasie te ontduik.

Die polisie het daarin geslaag om vier verdagtes in hegtenis te neem en het beslag gelê op myntoerusting wat die volgende insluit:

29x Kragopwekkers

17x ‘Jackhammers’

06x Grawe

01x Waterpomp

02x Pikke

Die totale geraamde waarde van die goedere waarop beslag gelê is, is R261 000-00.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Mecklenburg Periodieke Hof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!