SA naelloper Oscar Pistorius haal die eindstryd
Die sewentienjarige Pretoriase naelloper van Pretoria Boys’ High, Oscar Pistorius, het geval aan die begin van sy 200 m-uitdun vir gestremdes, en het toe verstommende spoed en deursettingsvermoë getoon om van laaste tot eerste plek te vorder met ‘n wêreldrekord van 23.42 sek. by die Athene Paralimpiese Spele.
Hy was geskok oor sy prestasie.
Hy het trane van gemengde frustrasie en verligting gehuil ná sy eerste bitter-soet Paralimpiese ervaring. “Ek was nog nooit so bang in my hele lewe daar buite nie,” sê die jongeling wat sonder skeenbene gebore is. Hy het voortgegaan: “Ag man, ek het plat op my knieë en hande geval. Dit was pure adrenalien wat my om die baan laat jaag het.”
Hierdie oorwinning het vir Pistorius ‘n geleentheid verseker om aan die eindronde deel te neem.
Bron: SAHO