Skip to main content

Isaac Cloete

Dagga word nie net binne voertuie nie, maar selfs in buitebande weggesteek.

Die stukkie vindingrykheid het egter nie die Namakwalandse polisie verhoed om die dagga hier op te spoor nie.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luit kol Sergio Kock, was die dagga van ongeveer R1.7milj, onlangs deur die polisie op Springbok uitgesnuffel tydens verskeie lokvaloperasies.

Die K9 en misdaad intelligensie-eenhede van Springbok was in Port Nolloth hiermee besig, toe hulle by n woonplek op die sowat 8.kg hidroponiese dagga afgekom het. Dit was in plastieksakke in motorbande ingeprop gevind. Die polisie het in dieselfde woonarea vyf ongedokumenteerde persone gearresteer.

Die Port Nolloth-area, veral Sizemila, is die plek waar honderde buitelanders onwettige plak. Hulle is hoofsaaklik besig om diamante onwettig te delf op die vele uitgewerkte myne.

Die Nababeep cops het in die Okiep-area ook op dwelms afgekom. Dit, nadat hulle op inligting gereageer het. Hier het hulle 39 mandrax-tablette en ’n groot hoeveelheid geld gevind en daarop beslag gelê.

‘n Man en vrou is gearresteer en hulle behoort binnekort in die hof te verskyn.

Tydens die lokval-operasies het die polisie op ‘n oop stuk grond verskeie dwelms gevind. Dit sluit in sewe tik bankies, vier halwe mandrax-tablette, 84 pakkies dagga, 107 bankies dagga en ‘n groot sak los dagga.

Die dwelms was onder die grond naby ‘n vermeende dwelmsmokkelaar se huis gevind. Niemand kon egter ‘n hegtenis geneem word nie omdat die polisie nog nie seker is nie aan wie dit behoort nie.

Die polisie het intussen onderneem om die gebied baie fyner dop te hou sodat verdagtes of die eienaars van die dwelms aangekeer kan word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!