Kris Ovies
Die telekommunikasiereus MTN het onlangs sy nuwe eSIM bekend gemaak. Die eSIM, ʼn digitale plaasvervanger vir die fisiese sim-kaart, is nou verkrygbaar vir kliënte, vertel Mthokozisi Ndlovu, bestuurder van kommunikasie en openbare betrekking by MTN SA.
Dié nuwe sim is na bewering ‘n spelwisselaar met veelsydige sim-vermoë. Voorafbetaalde gebruikers kan verskeie eSIM’s op een toestel laai en naatloos tussen hulle wissel, vertel Ndlovu. Dit bied die kliënt internasionale dienste wat die behoefte van ‘n nuwe sim-kaart vir buitelandse gebruik, uitskakel. “Dieselfde geld vir internasionale toeriste wat Suid-Afrika besoek, wat hul eSIM-geaktiveerde toestelle op MTN se netwerk kan aktiveer.” Verder kom die eSIM met veilige, identifiseerbare en geverifieërde veiligheid, wat ʼn prioriteit vir die maatskappy is.
Kliënte wat die eSIM-roete wil volg, kan dit doen deur enige MTN-winkel te besoek, solank hul toestelle eSIM-geaktiveer is – of dit nou ʼn slimfoon, skootrekenaar of slimhorlosie is. Ndlovu voer aan die operateur se eSIM-funksionaliteit vir voorafbetaalde kliënte is tans beperk tot ʼn handjievol toestelle en sal later beskikbaar wees vir groter verskeidenheid draagbare items.
Hierdie gevorderde tegnologie elimineer na bewering die behoefte aan ‘n fisiese sim-kaart en ontsluit ʼn magdom voordele vir MTN-kliënte. “Ons het die eSIM-funksionaliteit in 2019 aan ons na betaalde kliënte bekendgestel en ons is trots om nou die voortou te neem om die eSIM-funksionaliteit aan ons voorafbetaalde kliënte bekend te stel,” sê Thabiso Msimanga, hoofbestuurder vir kliënte-ervaring, strategie en ontwerp by MTN Suid-Afrika.
“Hierdie bekendstelling is ʼn bewys van ons toewyding om aan kliënte se behoeftes te voldoen en die gerieflikste, buigsaamste en gekoppelde ervarings te bied.” Vir meer inligting oor hoe om ʼn eSIM vir jou spesifieke toestel te aktiveer, sal jy dit normaalweg op MTN se eSIM FAQ vind. Die maatskappy is opgewonde om hierdie reis aan te pak en om vir kliënte nuwe naatlose digitale ervaring te bring.