Skip to main content

Vir baie van ons Afrikaanssprekendes is daar net een sportsoort op aarde – rugby. Maar herkou aan hierdie brokkie inligting om die grootte van sokker in perspektief te plaas: die laaste land op die planeet wat nie ‘n nasionale sokkerspan gehad het nie, het pas een bymekaargeskraap.

Ondanks die feit dat dit ’n klein nasie van net 60 000 mense in die Stille Oseaan is, het die Marshall-eilande uiteindelik ’n sokkerspan saamgestel en droom nou daarvan om by Fifa aan te sluit.

Die land het weliswaar nog nooit teen ‘n ander land gespeel nie – hulle droom dat dit volgende jaar kan gebeur, maar gee toe dat 2027 waarskynlik meer realisties is – en hulle het pas hulle sokkeruitrustings bekendgemaak.

Die blou, wit en oranje uitrustings is eko-vriendelik – gemaak van herwinde plastiek.

Die Marshall-eilande het ook pas die nasionale sokkerligas vir mans en vroue bekendgestel en aangekondig dat sokkerafrigting by die kurrikulum vir skoolkinders gevoeg sal word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!