Die wakker Assen-polisie het twee verdagtes, onderskeidelik 45 en 47 jaar oud, eergister in die vroeë oggendure in Kameeldrift langs die R511-pad buite Brits gearresteer. Volgens inligting was lede omstreeks 02:00 besig met roetinepatrollies toe hulle ’n verdagte houtskoolkleurige Nissan NP 200-bakkie gesien en ’n omgedraai het om die voertuig te agtervolg.
Die lede het daarin geslaag om die voertuig af te trek en het die voertuig deursoek. Die liggaam van ‘n 45-jarige man wat met plastieksakke bedek was, was agter in die voertuig ontdek.
Die verdagtes het probeer weghardloop, maar is in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Brits-landdroshof verskyn weens moord.
Ondersoeke na die saak duur voort.