Skip to main content

Royal Caribbean International se Icon of the Seas wat die wêreld se grootste skip sal wees, se konstruksie by die Meyer Turku-skeepswerf, een van Europa se voorste skeepsbouers, in Turku, Finland is nou afgehandel.

Dié reus is reeds te water gelaat om te kyk of alles seepglad verloop voordat sy op 26 Oktober vanjaar aan haar eienaars afgelewer word. Bid jou aan! ‘n Reuse vaartuig wat 365 meter lank is en ‘n geskatte 250 800 ton weeg!

Daar kan gemaklik 7 600 passasiers en 2 600 bemanningslede op hierdie kategorie 6 vaartbelynde skip geakkommodeer word.

En vir vermaak? Ses rekordbrekende waterglybane wat die hoogste valglybaan ter see insluit, sewe swembaddens, nege kunsmatige golf-baddens, 20 dekke, 40 verskillende ‘maniere’ om te eet, drink en vermaak te word, ‘n klavierkroeg waar spelers teen mekaar kan kompeteer, duikvertonings, ‘n jazz club, karaoke klub, derduisende regte plante, rotsklim-ekspedisies, Lost Dunes-mini-gholfbaan, melkskommelkroeg, ‘n Aqua Dome waar mens na akrobatika, hoë duike en die hoogste waterval op see (55 voet hoog) kan kyk, en vele meer!

Reisigers op hierdie kolos sal tydens die hele 2024 deur die Karibiese eilande vaar.

In plaas van ‘n Solarium aan die voorkant van die skip, sal Icon of the Seas ‘n AquaDome-area hê.

En die koste? Sowat R34 200 tot R206 475 per persoon vir ‘n 7-dag-vaart, afhangende van watter een jy kies. O ja, en dan moet jy nog Miami toe vlieg, want alle reise vir 2024 begin van daar af.

Leave a Reply

error: Content is protected !!