Skip to main content

Daar is goeie en slegte nuus oor die Springbok-uitsrustings in die naweek se sleutelwedstryd teen Ierland by die Wêreldbeker in Frankryk.

Die slegte nuus is dat hulle nie in die tradisionele groen en goud sal uitdraf nie. Die goeie nuus is egter dat hulle nie in die aaklige “Checkers 360-uitrustings” gaan speel nie.

Daar word die naweek ‘n derde uitrusting uit die kas gehaal – ‘n spierwit trui met ‘n Checkers-turkoois kraag en broekie. Die kouse is ook wit.

Die Springbokkamp noem die nuwe uitrusting hulle “tweede alternatiewe uitrusting”.

Voor die Wêreldbeker was daar geen aankondiging oor hierdie trui nie, wat baie mense laat vermoed die ophef op sosiale en tradisionele media oor die 360-truie het ‘n rol gespeel in die besluit. Die Waarheid se lesers was besonder uitgesproke oor die feit dat hulle nie ooghare vir die gedoente het nie.

Die Springbokke sal waarskynlik hul tradisionele groen uitrusting teen Tonga dra, maar dit is nog nie amptelik bekendgemaak nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!