Skip to main content

Ondersteuners van die Springbokke het nie vreeslik baie te sê oor gister se wedstryd teen Roemenië nie – dit was kuikenmoord en daar’s nie veel om te bespreek nie.

Maar nadat hulle ‘n week lank stomgeslaan was, praat hulle nou veel eerder oor die onderbroekie wat die rooikopstut Steven Kitshoff verlede naweek teen die Skotte gedra het.

Dit lyk of hy nou die kroon wat Faf de Klerk met die laaste WB as die Bokke se groot onderbroekmodel verower het, oorgeneem het.

TV-kykers kon duidelik sien hoe die kragman se skelpienk “Barbie Girl”-onderbroekie ontbloot word toe sy groen broek, deel van die ewe omstrede nuwe uitrusting, in ‘n losskrum ongemaklik hoog opgetrek is. (Kyk net na die oogvol op die aangehegte skermgreep!)

Die onderbroek is ‘n produk deur die Australiese handelsmerk Budgy Smuggler, wat in taamlik klein onderklere spesialiseer. Dit laat die vermoede by rugbykykers ontstaan dat Kitshoff ‘n troetelparkiet in sy onna ronddra.

  • Na 2019 se Wêreldbeker is foto’s van De Klerk in sy SA vlag-onderbroek wyd gepubliseer en die tema word steeds in advertensies gebruik. Dit is egter nie seker dat Kitshoff se onderklerekeuse so gewild sal raak nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!