Skip to main content

24 mense is gisteraand op slag dood in ‘n kop-aan-kop-botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n bus in Musina, Limpopo.

Beide voertuie het aan die brand geslaan na die botsing in die Niani-omgewing op die Musina-pad. Daar was steeds passassiers in die bus vasgekeer toe die brand uitgebreek het.

Meeste van dié wat beswyk het, is op die toneel dood verklaar.

Die bus-passasiers is glo mynwerkers wat tussen 17:00 en 18:00 op pad was na Venetia-diamantmyn wat deur De Beers besit word.

Geen verdere besonderhede omtrent die botsing is bekendgemaak nie.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!