Skip to main content

Wayne Richard Ferreira is op 15 September 1971 in Johannesburg gebore.

Wayne Ferreira en sy tennismaat, Pietie Norval, het ‘n silwermedalje in die mans-tennisdubbelspel by die Olimpiese Spele in Barcelona in 1992 gewen.

Wayne het sy beste loopbaanranglysplek ooit bereik toe hy in Mei 1995 6de in die wêreld geplaas is. Ferreira het aan die 1996 Atlanta Olimpiese Spele deelgeneem en die kwarteindronde in die enkel- en dubbelspel gehaal.

Ferreira woon tans in Lafayette, Kalifornië in die Verenigde State van Amerika. Hy het met ‘n Amerikaner met die naam Liesl getrou, en die egpaar het ‘n seun met die naam Marcus William.

Wayne het in 2000 saam met mede-tennisster Amanda Coetzer die Hopmanbeker vir Suid-Afrika gewen. Hy het ook Suid-Afrika by die Davisbeker verteenwoordig.

Ferreira het ‘n ‘Die Wayne Ferreira Trustfonds’ gestig, met die hoofdoel om jong Suid-Afrikaanse tennisspelers finansieel te ondersteun met die reiskoste daaraan verbonde om ‘n opkomende professionele tennisspeler te word.

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!