Skip to main content

Die Stad Tshwane het inwoners in die gebied in kennis gestel dat sy busdiens en A Re Yeng-bedrywighede met onmiddellike effek opgeskort word.

Hierdie besluit is gemaak na Woensdag se voorvalle waar die stad se eiendom tydens georganiseerde geweld vernietig is.

“ʼn Tshwane-bakkie, watertenkwa, drie vragmotors van Water and Sanitation en ʼn A Re Yeng-bus is in verskeie gewelddadige aanvalle in die Pretoriase middestad beskadig. Daarom, in die belang van die veiligheid van beide ons gemeenskappe en werknemers, het ons die besluit geneem om bedrywighede op te skort.

“Dit is verder belangrik dat ons stadsinfrastruktuur teen hierdie kriminele dade beskerm. Dit is nou duidelik dat die stad nie meer te doen het met ‘n onwettige stakingsaksie nie, ons het nou te doen met ‘n goed gekoördineerde kriminele aanval op ons infrastruktuur,” het die stad gesê.

“Ons vra om verskoning vir die ongerief wat hierdeur veroorsaak word.”

Die stad sal die busdiens weer in werking stel sodra dit veilig is om te doen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!