Opinie:
Wat my skok is die tempo van deindustrialisering in SA.
Onthou dat net 25 jaar gelede:
– Het ons spesialis-entiteite soos USCO gehad wat gesofistikeerde staal gemaak het wat byvoorbeeld in geweerlope gebruik is;
– Was ons leiers in olie uit steenkool;
– Was ons die enigste vervaardiger van staal in Afrika by Yskor;
– Het ons koperkabels by African Cables gemaak;
– Was daar meer energiekonsentrasie in ‘n 100 vk km-area in Vereeniging as in enige ander Afrika-land se hele energieverbruik per uur
– Het Samancor gespesialiseerde legeringsvoermateriaal vervaardig en Stewart’s en Lloyd’s het ‘n reeks gesofistikeerde produkte soos pompe met groot presisie vervaardig
– Het Dorbyl swaar ingenieurskomponente vervaardig;
– Was ons kernkragbevoeg aan die militêre kant en op die drumpel om kernplofkoppe te bewapen presies soos Noord-Korea vandag doen.
Dìt alles was moontlik – en ek sê nie dit was goed of sleg om tot kernkrag in staat te wees nie – net dat ons gesofistikeerde tegniese kapasiteit gehad het.
In twee dekades is daardie wêreldklas kapasiteit verlore en rou riool oorstroom nou die kelders van geboue.
Die ineenstorting was totaal en vinnig.
Die episentrum van die mees gekonsentreerde vorm van primêre produksie op die Afrika-kontinent is met een vee uitgewis.
Die land wat die pionier van hartoorplantings was, kweek nou nuwe patogene wat waarskynlik ‘n gesondheidsramp van ongekende omvang sal skep.
Dit spreek van die onvermoë van ‘n bevrydingsbeweging om te regeer.
Dit is ‘n skokkende waarheid wat min wil erken.
Die weermag wat net 25 jaar gelede die mees gesofistikeerde artillerie vervaardig het en wat in ‘n stadium beskou is as die mees gevorderde militêre mag in die wêreld naas Israel en wat die skepping van ‘n aanvalshelikopter gelykstaande aan die Apache gesien het, trek nou terug vanuit Emfuleni omdat die missie wat verlede jaar aan hom gegee is, nie uitgevoer kan word nie.
[Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se SA Weermagingenieur-formasie, wat einde verlede jaar ontplooi is om in te gryp in die nasionale krisis van Vaalrivier-rioolbesoedeling, het gefaal.]Ons geliefde land huil.
Dr Thurton is ‘n opgeleide wetenskaplike wat spesialiseer in waterhulpbronbestuur as ‘n strategiese kwessie met ‘n robuuste publikasierekord.