Julius Malema, die EFF-leier, het Woensdag ‘n landdros in die Oos-Londen landdroshof aangevat omdat sy laat by die hof opgedaag het vir hofverrigtinge wat on 11:00 moes begin weens beurtkrag.
‘n Virale video is op sosiale netwerke versprei waar Malema vir landdros Twanett Olivier in haar afwesigheid die kop was omdat sy volgens hom die hof minag deur laat op te daag vir die aanhoor van sy saak. Olivier was ‘n uur laat maar het agterna Malema se beskuldigings ontken.
Malema word daarvan aangekla dat hy in Julie ‘n geweer wat deur sy lyfwag, Adriaan Snyman, aan hom oorhandig is, tussen ‘n skare in Mdantsane afgevuur het. Beide het skuld ontken teen die aanklag.
Malema, wat tereg staan op aanklagte in verband met ‘n oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer, het heftig oor die ‘laksheid van ‘n landdros’ gerreageer.
“Sy was nog nooit vroeg by enige hof nie. Dit is nonsens. Ons moenie praat nie, want ons moet bang wees om tronk toe te gaan. Dit kan nie wees nie. Ons het regte en ons regte moet gerespekteer word.’
Volgens Olivier was sy laat omdat sy gewag het vir die die verdedigingsprokureurs om by haar en aanklaer, advokaat Joel Cesar, in haar kamers aan te sluit.
Advokaat Shane Matthews, wat namens Snyman optree, het gesê dat hulle nie Olivier se versoek nagekom het nie, aangesien alle besprekings op rekord in die hofsaal moet gebeur.
Daar is nie duidelikheid oor wat Olivier wou bespreek nie.