Spaanse Griep tref Suid-Afrika
Die eerste gevalle van ‘n buitengewoon ernstige en dodelike griep, wat in die volksmond Spaanse Griep of ‘Groot Griep’ genoem word, is op hierdie datum in Durban gediagnoseer.
Dit het die ergste pandemie ooit in Suid-Afrika begin. Van ‘n totale bevolking van destyds net meer as 6 miljoen het byna die helfte die siekte opgedoen, terwyl byna 140 000 binne ‘n paar weke gesterf het.
Die siekte het deur die hele land versprei en dikwels was hele gesinne siek of sterwend, met niemand wat oor was om vir hulle te sorg nie. Dokters en verpleegsters het hul bes gedoen, maar was te min om die siekes te behandel.
Die Swart en bruin dele van die bevolking is die ergste geraak, veral die mynwerkers, wat verskriklik gely het. Die sterftesyfer van Blankes was ook buitengewoon hoog. Sterftes was gewoonlik as gevolg van sekondêre bakteriële infeksies, wat longontsteking veroorsaak het.
Aangesien dit was voordat moderne antibiotika behandeling beskikbaar was, was daar geen effektiewe genesing nie. Die epidemie het in Oktober ‘n hoogtepunt bereik.
Die virus het die dood van 25 tot 40 miljoen mense regoor die wêreld veroorsaak. Daar word tans algemeen aanvaar dat die pandemie sy oorsprong aan voëlgriep te danke het.
Bron: SAHO