Die 66-jarige Barend Philippus Botha is vandeesweek borgtog van R15 000-00 toegestaan tydens sy verskyning in die Klerksdorp-landdroshof vir diefstal.
Die beskuldigde het na bewering ses slagoffers uit gelde ten bedrae van R3 811 611 bedrieg. Volgens inligting was Botha ‘n praktiserende prokureur en enigste direkteur van ‘n prokureursfirma toe hy die slagoffers tussen 2018 en 2019 bedrieg het.
Verslae dui daarop dat gelde van drie bestorwe boedels en verskeie huiskooptransaksies, in die firma se trustrekening inbetaal is. Die slagoffers het egter nooit hul gelde van die firma ontvang nie. Ná ondersoeke deur die Provinsiale Handelsmisdaad-ondersoekeenheid in 2019, is die beskuldigde uiteindelik Maandag gearresteer.
Die beskuldigde is deur die Suid-Gautengse hooggeregshof in Pretoria van die rol as ‘n praktiserende prokureur geskrap nadat hy na bewering versuim het om die slagoffers se gelde terug te betaal. Hy sal na verwagting weer Maandag, 30 Oktober 2023 in die Klerksdorp-streekhof verskyn.