Voëlgriep-uitbraak is verby, duisende voëls is doodgemaak om die verspreiding van die siekte te voorkom
Op 13 September 2005 het die Minister van Landbou, Thoko Didiza, aangekondig dat Suid-Afrika vry van aanmeldbare voëlgriep verklaar is.
Die gedeeltelike verbod wat op die uitvoer van volstruise, pluimvee en pluimveeprodukte ingestel is, is opgehef. Die siekte is meer as ‘n jaar vroeër in Julie 2004 in die Oos-Kaap en Wes-Kaap by volstruise ontdek.
Duisende voëls is doodgemaak om die verspreiding van die siekte te voorkom. Voëlgriep is ‘n aansteeklike siekte van diere wat veroorsaak word deur virusse wat gewoonlik net voëls en, minder algemeen, varke besmet. Voëlgriepvirusse is hoogs spesie-spesifiek, maar het by seldsame geleenthede die spesieversperring oorgesteek om mense te besmet.
By huishoudelike pluimvee veroorsaak infeksie met voëlgriepvirusse twee hoof-vorme van siektes, wat onderskei word deur lae en hoë uiterstes van virulensie. Die sogenaamde “lae patogene”-vorm veroorsaak gewoonlik net ligte simptome (‘deurmekaar’ vere, ‘n daling in eierproduksie) en kan maklik onopgemerk verbygaan. Die hoogs patogene vorm is baie meer dramaties. Dit versprei baie vinnig deur pluimveetroppe, veroorsaak siektes wat verskeie interne organe aantas, en het ‘n mortaliteit van 100%, dikwels binne 48 uur.
Bron: SAHO