Skip to main content

Na die afgelope naweek lyk sake nie meer so goed vir Dricus Du Plessis soos onlangs nie.

Hy is op kort kennisgewing die titelgeveg by UFC 293 teen die gevestigde kampioen Israel Adesanya aangebied, maar het dit van die hand gewys weens ‘n voetbesering wat hy in sy onlangse geveg teen Roger Whittaker opgedoen het.

Die titelgeveg is daarna aan die Amerikaner Sean Strickland aangebied, wat teen alle verwagting in ‘n klinkende punte-oorwinning oor Adesanya behaal het.

Logies gesproke behoort Strickland nou sy titel teen Dricus te verdedig – en Dricus sal na verwagting die gunsteling wees om die nuwe kampioen te onttroon.

Maar dit lyk of sake nie so eenvoudig sal verloop nie. Die UFC-president Dana White het gesê hy beplan ‘n herkragmeting tussen Adesanya en Strickland, wat kan beteken dat ander aanspraakmakers soos Drickus lank kan moet wag vir ‘n kans.

Boonop lyk dit of Du Plessis nie op die oomblik in die UFC se goeie boekies is nie, want White het op die perskonferensie na UFC 293 ‘n snedige opmerking gemaak dat Strickland se oorwinning wys waarom “jy nooit gevegte van die hand moet wys nie – veral nie as dit vir ’n wêreldtitel is nie.”

Dit moet nog gesien word hoe die toekoms ontvou, maar Du Plessis dink blykbaar sy titelheerskappy is onvermydelik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!