Eskom het aangekondig fase 6-beurtkrag sal ingestel word tot verdere kennisgewing, maar gewaarsku dat fase 7-beurtkrag ‘n moontlikheid is.
Die hoër beurtkragfase is veroorsaak deur vertragings om opwekkingeenhede by die Kendal-, Matla- en Matimba-kragstasies weer aan die gang te kry.
Eskom sal meer inligting verskaf as daar enige veranderinge in die stand van elektrisiteitsvoorsiening is.