Skip to main content

Twin Towers val

Op 11 September 2001 is duisende dood nadat terroriste gekaapte vliegtuie in die World Trade Center in New York vasgevlieg het en by die Pentagon in Washington laat neerstort het.

Altesaam vier vliegtuie is gekaap.  Die vierde vliegtuig het in ‘n veld in Pennsilvanië neergestort. Wall Street is gesluit en die Federal Aviation Administration het vir die eerste keer in die VSA se geskiedenis alle vlugbedrywighede by die land se lughawens gestaak.

In die onmiddellike nasleep van die aanvalle het die Bush-administrasie ‘n ‘oorlog teen terrorisme’ verklaar, met die verklaarde doelwitte om Osama bin Laden en Al-Kaïda voor stok te kry en die opkoms van ander terroriste-netwerke te voorkom.

Die effekte is wêreldwyd gevoel. Talle lande, insluitend die Verenigde Koninkryk, Indië, Australië, Frankryk, Duitsland, Indonesië, China, Kanada, Rusland, Pakistan, Jordanië, Mauritius, Uganda en Zimbabwe het “anti-terrorisme”-wetgewing ingestel en die bankrekeninge van besighede en individue wat daarvan verdink was dat hy Al-Kaïda-bande het, is gevries. In Suid-Afrika is vlugte na die VSA opgeskort, veiligheidsmaatreëls by lughawens is verskerp, en die ekonomie is nadelig geraak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!