Skip to main content

Hoërskool Kempton Park het vanoggend net voor 08:00 ‘n bomdreigement ontvang en die leerders is onmiddelik na die skool se B-veld ontruim. Die pad vanaf Monumentstraat tot by Van Riebeeckweg was gesluit terwyl die polisie en ander gespesialiseerde eenhede die toneel gefynkam het.

Ouers is gemaan om nie na die skool te kom nie aangesien die situasie onder beheer is.

Die bomdreigement blyk ‘n klug te wees.

“Ja, die betrokke kind of kinders wou seker nie vandag wiskunde skryf nie,” het een ouer wat anoniem wil bly, gemor. “Ons senuwees  is vir niks op hol gejaag.”

Die polisie ondersoek die saak verder.

Leave a Reply

error: Content is protected !!