Verbruikers betaal nou 450% meer vir flentertjies elektrisiteit sedert beurtkrag in 2008 begin het.
Van 2007 tot 2021 het Eskom R680 miljard as kapitaalbesteding uitgegee, maar swak resultate behaal. Om hoër stadiums van ineenstortings tussen 1 April 2024 en 24 Julie 2024 af te weer, het die kragvoorsiener R12,4 miljard van sy totale dieselbegroting aan sy nooddieselaangedrewe opwekkingsvloot bestee om die ligte aan te hou. Om dit in perspektief te plaas, het dit agt maande geneem vir Eskom om verlede jaar R12 miljard aan diesel te bestee, terwyl dieselfde bedrag nou in minder as vier maande geblaas is.