Die SAPD K9 en Misdaadintelligensie in Springbok het vir twee dae intelligensiegedrewe steekoperasies in die Namakwa-distrik, Noord-Kaap, uitgevoer.
In Port Nolloth het die polisie vyf ongedokumenteerde persone by een perseel in hegtenis geneem en by ‘n tweede perseel ‘n man gearresteer vir die besit van 8 990 kg Hydro Dagga met ‘n geraamde straatwaarde van R1, 7 miljoen. Dit was in voertuigbande versteek.
In Brandvlei het die span ‘n oop area naby ‘n vermeende dwelmhandelaar se huis deursoek en beslag gelê op sewe banksakkies tik, vier halwe mandrax tablette, 24 kwart mandrax tablette, 84 ‘zolle gerolde dagga’, 107 banksakkies dagga en een sak los dagga wat ondergronds begrawe is. Die polisie sal voortgaan om hoë sigbaarheid in en om die geïdentifiseerde brandpunt te behou aangesien geen arrestasies gemaak is nie.
Die Nababeep SAPD se misdaadvoorkomingseenheid het opsporingsoperasies in Okiep uitgevoer en inligting oor beweerde dwelmhandelaktiwiteite opgevolg. Die lede het ‘n volwasse man en vrou vir die besit van 39 mandrax-tablette gearresteer en beslag gelê op ‘n onbekende bedrag kontant by die vermeende dwelmhandelaars.
Die distrikskommissaris vir Namakwa, brigadier Schalk Andrews het die lede geloof vir hul waaksaamheid en toewyding tydens die operasies wat tot hierdie uitstaande arrestasies gelei het. “Die gemeenskap word ook bedank dat hulle die ore en oë van SAPD is, wat weer help om ons strate skoon te vee van dwelms en ander kriminele elemente.”
Dankie Nama polisie. Uitstekende werk.
Laat Namaland lewe!