Die SABC gaan wel die Springbokke se Wêreldbekerwedstryde uitsaai.
SuperSport het aanvanklik bekendgemaak dat geen ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SABC) bereik kon word vir die sublisensiëring van uitsaairegte vir die globale rugbypronkstuk, wat Vrydag in Frankryk afskop, nie.
Die Springbokspan open hul veldtog om die Webb Ellis-beker te verdedig Sondag teen Skotland.
In ‘n nuwe wending is dit egter nou aan die lig gebring dat ‘n kompromie bereik is. Die SABC sal nou sewe van die Rugby Wêreldbeker-wedstryde uitsaai.
Dit sal al vier die Springbok-poelwedstryde insluit, asook een kwarteind-, halfeind- en eindstryd.