Die Bok-breier Jacques Nienaber het Damian Willemse op heelagter bo Willie le Roux en Jasper Wiese bo Duane Vermeulen op agtsteman gekies vir die Springbok-rugbyspan se sleutel-openingswedstryd Sondag in die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Marseille.
Canan Moodie en Jean Kleyn is weens beserings nie oorweeg nie. Moodie sukkel met ‘n dyspier terwyl Kleyn ‘n knieprobleem het.
Cheslin Kolbe en die Bulls-spoedvraat Kurt-Lee Arendse is die vleuels, met Makazole Mapimpi wat nie die span gehaal het nie.
Faf de Klerk sal in sy 50ste toets speel.
Nienaber het ‘n 6/2, voorspeler/agterspeler-verdeling op die bank gekies, wat Le Roux en skrumskakel Grant Williams as plaasvervanger insluit.
Die wedstryd skop om 17:45 (SA tyd) af.
Die span is:
15 Damian Willemse, 14 Kurt-Lee Arendse, 13 Jesse Kriel, 12 Damian de Allende, 11 Cheslin Kolbe, 10 Manie Libbok, 9 Faf de Klerk, 8 Jasper Wiese, 7 Pieter-Steph du Toit, 6 Siya Kolisi (kaptein), 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Steven Kitshoff
Plaasvervangers: 16 Bongi Mbonambi, 17 Ox Nche, 18 Trevor Nyakane, 19 RG Snyman, 20 Marco van Staden, 21 Duane Vermeulen, 22 Grant Williams, 23 Willie le Roux