Skip to main content

SA Eerste Minister H. F. Verwoerd doodgesteek

Die parlementêre diensbeampte, Dimitri Tsafendas, steek op hierdie dag die hoofargitek van apartheid, premier H.F. Verwoed, dood. ‘n Vorige aanslag op sy lewe sedert hy Eerste Minister geword het, was op 9 April 1961, by die Randse Paasskou, waar hy twee keer in die gesig geskiet is.

Verwoed het by sy lessenaar in die Volksraad gesit toe Tsafendas hom met ‘n mes aangeval het. Tsafendas het tydens sy verhoor beweer ‘n reuse-lintwurm binne-in hom het hom opdrag gegee om die Eerste Minister dood te maak. Hy het die doodsvonnis vrygespring nadat hy deur staatspsigiaters kranksinnig verklaar is.

Hy is in die Pretoria Sentrale Gevangenis tot afgesonderde aanhouding gevonnis, waar hy in die ouderdom van 81 gesterf het. Lede van die Griekse gemeenskap in Krugersdorp het hom begrawe.

Leave a Reply

error: Content is protected !!