Die man wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n fisioterapeut op Vrouedag in Gqeberha vermoor het, is na die Oos-Kaapse hooggeregshof in Gqeberha oorgeplaas vir ‘n voorverhoorkonferensie Woensdag.
Die fisioterapeut, Marolien Schmidt (40), is in ‘n plas bloed by haar huis in Gqeberha gevind nadat sy verskeie kere met ‘n mes gesteek is.
Simxolele Zitshu (31) is sedert sy inhegtenisneming ‘n dag ná Schmidt se moord in aanhouding.