‘n Gesondheidskenner meen die nuwe Covid-19-variant, EG.5 of Eris, is niks om snags oor slaap te verloor nie.
Woensdag is die eerste geval van die nuwe variant in Suid-Afrika bevestig. Die departementele woordvoerder, Foster Mohale, het bevestig dat die eerste monster wat in Gauteng geneem is, positief getoets het vir die nuwe mutasie.
Professor Ramneek Ahluwalia van Hoër Gesondheid het egter met EWN gepraat en gesê dit is nie nodig om paniekerig te raak nie.
Hy het gesê die huidige data, wat van Noord-Amerika en China verkry is, toon geen tekens dat hierdie variant meer aansteeklik of dodelik is in vergelyking met vorige variante nie.