Skip to main content

Vyf mense, drie mans en twee vroue, is dood tydens ‘n botsing tussen ‘n Greyhound Luxury Coach en ‘n Wit Volkswagen Polo-luikrug by die kruising van N6 Nasionale Pad en R702weg gedurende die vroeë oggendure gister.

Luidens berigte het die bus, wat in die suidelike rigting na Reddersburg gery het, glo oor die Polo gery wat van ‘n ooswaartse rigting wes gery het en nie die stopteken gehoorsaam het nie.

Die Polo het toe gerol, wat daartoe gelei het dat drie van sy insittendes uitgegooi is terwyl die bestuurder en die ander passasier binne vasgekeer gebly het.

Alle nooddienspersoneel is na die toneel ontbied en die vyf insittendes in die Volkswagen Polo is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die bus is na die plaaslike hospitaal gehaas vir behandeling van beserings.

’n Saak van strafbare manslag is by die Kagisanong-polisiestasie geopen.

Al die oorledenes se name is nog onbekend, maar die polisie se ondersoek duur voort.

Die Polo is geregistreer as ‘We Buy Cars’-eiendom.

Enige lid van die publiek wat die polisie kan bystaan met die identifisering van die jong oorledenes, word versoek om sers. Paul Mokoena by 071 6289 005 te bel of die SAPD se Stop Misdaadnommer 08600 10111 te skakel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!