Die polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat die lyk van ‘n 65-jarige man gister in ‘n plaashuis naby R390 tussen Hofmeyr en Cradock gevind is.
Die liggaam van ‘n 65-jarige bejaarde man, wat steekwonde in sy bolyf het, is ontdek. Die oorledene se sy identiteit word weerhou totdat ‘n formele identifikasieproses afgehandel is.
Die slagoffer se voertuig is verlate in Conwayweg, Hofmeyr, gevind. Die omstandighede rondom die voorval vorm deel van die ondersoek.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat tot die arrestasie van die verdagte/s kan lei om die leier van die ondersoekspan te kontak by 082 319 8876. Die inligting kan ook via Crime Stop by 08600 10111 gedeel word.