Skip to main content

‘n Ongedokumenteerde 40-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van koperkabel in Viljoensdrif. Lede verbonde aan Viljoensdrif SAPD het Vrydag langs die R82 gepatrolleer toe hulle ‘n verdagte voertuig opgemerk het.

Hulle het die groen bakkie gevolg en gestop, en terwyl die lede ‘n onderhoud met die bestuurder gevoer het, het hulle uitgevind dat hy ‘n buitelander is en geen wettige immigrasie-dokumentasie kon verskaf nie. Die twee lede het die bakkie deursoek en 671 kg koperkabel ontdek.

Daar is beslag gelê op die koper met ‘n straatwaarde van R100 000 en die groen Isuzu-bakkie.

Die verdagte sal vandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van koperkabel, peuter en vernietiging van infrastruktuur en as  ‘n onwettige immigrant.

Leave a Reply

error: Content is protected !!