Skip to main content

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies het positief getoets vir ‘n verbode middel – Clenbuterol – het die Bok Saterdag in ‘n verklaring bevestig.

Die 33-jarige losskakel het die nuus vroeër in Augustus ontvang en het versoek dat die B-monster wat geneem is getoets word.

Jantjies het ook ‘n prokureur aangestel om “te help om die bron van die verbode middel te bepaal”.

Ondanks dat hy positief getoets het, het Jantjies volgehou hy het nie die verbode middel doelbewus geneem nie.

Die 33-jarige Jantjies het 46 toetse vir die Springbokke gespeel sedert hy in 2012 sy buiging vir Suid-Afrika gemaak het.

  • Clenbuterol is ‘n kragtige beta-2-agonis wat wyd deur professionele sportlui en liggaamsbouers misbruik word. Dit word as asma-medikasie voorgeskryf, maar kan sportprestasies verbeter, ondanks ernstige newe-effekte.

Leave a Reply

error: Content is protected !!