‘n Onlangse Nuuspod-onderhoud deur ‘n uitvoerende direkteur van Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief (SAAI), Theo de Jager, het onthul dat ‘n maatskappy in Europa doelbewus sonpanele maak wat lyk of dit by die hoeke gebreek is en die glas gebars is om diewe af te sit.
Die verhoogde invoer van sonpanele en dié se batterye het ook ‘n verhoogde diefstal van hierdie items tot gevolg gehad.
“Jy kan nie glo hoe algemeen die diefstal van sonpanele en rugsteunbatterye in Suid-Afrika geword het nie,” het de Jager gesê.