Die oud-Springbokvoorspeler Theuns Stofberg is in ‘n kritieke toestand in die Rondebosch-hospitaal na ‘n kop-aan-kop botsing.
Die ongeluk het plaasgevind tussen die N1 en sy gasteplaas net buite Stellenbosch.
Twee ander motors was ook betrokke. ‘n 66-jarige vrou van Mooreesburg op slag dood en ‘n man is ook ernstig beseer.
Nooddienswerkers moes die oud-rugbyheld uit die wrak sny om suurstof by hom te kry.
Sy vrou, Martie, is in Kanada, en sy seun, Theunis, vlieg vanoggend van Pretoria af om by sy pa te wees.