Skip to main content

Inwoners van Tweedy Park Ouetehuis is so gatvol vir die probleme in die plek waar hulle woon dat sommige wens dat ‘die einde maar eerder net wil kom’.

Daar is geen water vir die inwoners nie, behawe tussen 23:00 en 04:00 ás hulle gelukkig is en boonop is twee eenhede al vir weke onder water weens lekkende pype.

Volgens ‘n berig in die Brakpan Herald moet ‘n 80-jarige inwoner self vloere se trappe uitklim om water in emmers aan te dra sodat sy dit kan kook en haarself kan was.

“Hier gebeur net mooi niks! Ons hysbakke werk al vir wat voel soos donkiejare nie. Ou mense moet trappe klim, baie trappe, en weet jy hoe voel dié wat op die boonste twee vloere bly? Niemand wil ons help nie! Niemand wil verantwoordelikheid aanvaar en net iets doen nie! Ek wens elke dag dat die einde tog net vinnig wil kom,” sê ‘n inwoner wat anoniem wil bly. “My knieë en heupe maak my dood, en die klammigheid maak dit net erger.”

Raadslid Brandon Pretorius sê hy is ook al raadop en die Ekurhuleni munisipaliteit maak net beloftes waarvan daar dadels kom. Hy vra dat enigeen wat hierdie ou mens van hulp kan wees, moet hom asseblief kontak op 063 374 2614.

Leave a Reply

error: Content is protected !!