Skip to main content

Gloei in die donker wurms

Swammuggies, oftewel Arachnocampa luminosa, is ‘n redelik onbekende wurm wat nes vuurvliegies in die donker gloei.

Hulle kom slegs voor in die klam, donker Waitomo-grotte van Nieu-Seeland.

Hulle is so groot soos ‘n vuurhoutjie en eet slegs vir 9 maande tydens hul larwestadium. As kos skaars is, sal hulle mekaar eet!

Die larwes tree letterlik op soos vissermanne wanneer hulle honger is. Hulle maak ‘n slymerige ‘vislyn’ en vang so hul prooi.

Sodra hulle volwasse is, het hulle nie meer monde om te eet nie.

Snags gloei wyfies ‘n helder blou kleur om mannetjies te lok.

(Insectimages.org)

Leave a Reply

error: Content is protected !!