Skip to main content

Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Kimberley het die voormalige departementshoof in die departement van gesondheid in die Noord-Kaap, dr Dion Garvey Theys, Woensdag skuldig bevind en gevonnis op drie aanklagte van oortreding van die bepalings van artikel 86(1) ) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

Gedurende Maart 2014 het dr Theys sy posisie gebruik om drie huurooreenkomste met JP Hugo koshuis te onderteken vir verpleegverblyf sonder om behoorlike verkrygingsprosesse te volg. Die totale koste van hierdie huurooreenkomste beloop meer as R96 miljoen.

Dr Theys is in Maart 2021 deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan gearresteer en het talle hofverskynings gemaak tot en met sy vonnisoplegging.

Dr Theys is vandag op alle aanklagte skuldig bevind en is soos volg gevonnis:

Hy is gevonnis tot ‘n boete van R150 000 of drie jaar gevangenisstraf waarvan R100 000 of twee jaar gevangenisstraf opgeskort word vir ‘n tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan oortreding van Artikel 86 (1) van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, Wet 1 van 1999 wat gedurende die tyd van skorsing gepleeg is nie. Die beskuldigde is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Leave a Reply

error: Content is protected !!