Skip to main content

‘n 30-jarige werker, Johannes Matshe, is gedurende die nag van 13 Augustus doodgebyt deur drie leeus op die Dinokeng Wildreservaat (DW).

Volgens ‘n persverlaring wat gister deur DW uitgereik is, het Matshe die reservaat te voet aangedurf, iets wat streng verbode is op die reservaat.

Die voorval is eers ontdek toe werknemers wat die grensdrade ondersoek het, die volgende dag op menslike oorskot afgekom het.

Die Polisie is dadelik verwittig.

Dinokeng Game Enterprise, wat die Dinokeng Wildreservaat besit, het dadelik aansoek gedoen vir permitte om die leeus van kant te maak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!