Skip to main content

Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Gqeberha vra die gemeenskap se hulp om ‘n verdagte op te spoor wat gesoek word in ‘n beweerde verkragting wat gedurende die oggend van Dinsdag 25 Julie 2023 in Somerstrand plaasgevind het.

Daar word beweer dat die klaer (20) op bogenoemde datum omstreeks 11:30 op die strand oorkant die studenteverblyf in Marinerylaan, Somerstrand, was. Sy was alleen en is genader deur ‘n onbekende man, gewapen met ‘n panga, wat haar van haar selfoon beroof en ook verkrag het. Die verdagte het te voet gevlug nadat hy deur ‘n verbyganger gesteur is.

Die slagoffer het ‘n saak van verkragting by SAPD Humewood geopen.

‘n Identiteitsprofiel van die verdagte is saamgestel. Hy is ongeveer 1,7 m lank en is tussen die ouderdomme van 25 en 30 jaar oud. Die verdagte het nes die aangehegte identikit ‘n swart broek en rooi baadjie aangehad.

Enigiemand wat kan help om die verdagte op te spoor, word gevra om D/Cst Babalwa Ramba by 071 475 1737 of Crime Stop by 0860010111 of die naaste polisiestasie te kontak. Alle inligting is vertroulik en informante kan anoniem bly.

Leave a Reply

error: Content is protected !!