Skip to main content

Die Minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi het die aanhouding en deportasie van 67 Pakistanse burgers gister by die OR Tambo-lughawe verwelkom.

Hulle is toegang tot die land geweier deur immigrasie-beamptes nadat hulle nie aan die immigrasiewette voldoen het nie. Geeneen van die groep kon voldoende bewyse verskaf vir hulle redes om in Suid-Afrika toegelaat te word nie, hoe lank hulle in die land sal wees nie, of waar hulle vir die duur van hulle besoek sal woon nie.

“Dit is die resultaat van ‘n ondersoek nadat van die beamptes agterdogtig geraak het. Die Pakistanse burgers het name van vals verblyfbesprekings in hotelle verskaf asook name van familie wat nie eers bestaan nie,” het Motsoaledi gesê.

Hulle was onder 268 passasiers op ‘n vlug vanaf Dubai en is op hul eie onkoste teruggestuur na hul land van herkoms.

“Daar is nie ‘n ander uitkoms nie. Hulle moet terug na hul tuisland. Ons kan nie sulke mense in ons land toelaat nie,” het Motsoaledi bygevoeg.

Volgens Motsoaledi kla hotelle dat daar ‘n verhoging is in die aantal Pakistanse burgers wat plek in hotelle bespreek maar net nooit opdaag nie. Hy sê ook dat oorsese besoekers die nuwe eVisa-sisteem misbruik, maar wou nie uitbrei oor hoe dit gedoen word nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!