Skip to main content

Digkuns is nie net verse vol mooi woorde mét of sonder rym nie.

Die kortste gedig ooit volgens die Guinness Book of Records is ‘n eenlettergedig deur Aram Saroyan wat ‘n viervoetige weergawe van die letter “m” bevat.

Mm, dit maak nie vir Die Waarheid sin nie, maar toemaar…

As jy ‘n vrees vir poësie het, is jy metrofobies.

Spoke kan glo gedigte voordra, dìt volgens die skrywer Lizzie Doten. Edgar Allan Poe se spook het glo aan haar verskyn en vir haar gedigte opgesê. Dié is uitgegee in ‘n bundel getiteld “Poems from the Inner Life.”

As jy baie tyd op hande het, of dalk lank iewers weggebêre is, lees gerus die langste gedig ter wêreld. Mahabharata is ‘n epiese Indiese gedig wat ongeveer 1,8 miljoen woorde bevat, en is in die 4de eeu vC of dalk vroeër geskryf.

‘n Grillerige gedig-feit is dat ‘n 1852-uitgawe van John Milton se Poetical Works gebind is met die vel van ‘n veroodeelde moordenaar, George Cudmore.

Emily Dickinson het selfs in 1884 gedigte op haar sterfbed geskryf. Twee woorde uit ‘n brief aan haar niggies een neefs is op haar grafsteen aangebring: “Called Back”.

Leave a Reply

error: Content is protected !!