Skip to main content

Projek ‘Doper’ is in 2022 van stapel gestuur met die doel om lastige dwelmsindikate wat in Odendaalsrus en Welkom Polisiëringsgebiede werksaam is, aan te spreek. Die projek is vanaf 09:00 op 10 Augustus 2023 geoperasionaliseer deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaad, Welkom en Thabong Misdaadintelligensie, Misdaadintelligensiebewakingseenheid, Provinsiale Opsporingspan, Taktiese Reaksiespan (TRT), Provinsiale Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid, Flying Squad, Lejweleputswa DOCC, Welkom LCRC, Welkom en Ladybrand K9 Units.

Altesaam 16 sake van handel in dwelms en een saak van besit van dwelms is teen die gearresteerde verdagtes geregistreer. Onder hulle tel ‘n ‘grootkop’ in dwelmhandel in Welkom. Tydens die inhegtenisneming van dié man is beslag gelê op dwelms wat uit Mandrax-tablette, Crystal Meth en CAT met die straatwaarde van meer as R320 000-00 bestaan het. Daar is ook beslag gelê op twee voertuie wat in die pleging van misdaad gebruik is, ‘n digitale weegskaal wat gebruik word om dwelms te weeg, ‘n onbekende bedrag kontant en onbekende bedrag Krugerrande.

Twee mans van 34 en 42 en ‘n vrou is in hegtenis geneem. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van handel in dwelms en die besit van dwelms. Meer klagte kan bygevoeg word. Die drie sal op 14 Augustus 2023 in die Welkom-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!