Skip to main content

George April

‘n Volwasse vrou is Saterdagoggend in die vroeë oggend ure in Mangaung, Vredendal wreed verkrag, aangerand, en deur haar aanvaller op straat gelos.

Alhoewel die aanvaller glo aan die polisie bekend is, ontken die polisie dit.

In ‘n medianavraag het Kaptein Van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, die voorval bevestig, maar ontken dat die polisie weet wie die vrou aangeval het.

Volgens Van Wyk is ‘n 29-jarige vrou Saterdagoggend deur ‘n onbekende man verkrag en aangerand.  Die slagoffer het die verdagte op pad na ‘n taverne in Mangaung, Vredendal ontmoet, en hulle het saam na die taverne gegaan en saam die plek verlaat.

Op ‘n stadium het die verdagte die slagoffer aangerand deur haar te skop en te slaan, waarna hy haar verkrag en toe in die straat gelos het.

Die slagoffer is daarna na die hospitaal geneem, en haar DNS-uitslae word nog ingewag. Die verdagte was nie gearresteer nie, aangesien hy nog onbekend is.

“Hoe kan die polisie ontken dat hulle die man ken, terwyl die vrou uitdruklik vir hulle gesê het wie dit is?”

“Die polisie is goed bekend met die verdagte, maar hulle wil nie optree teen daai man nie,” het ‘n betroubare bron oortuigend vertel.” “Ek weet nie wat sy regte naam is nie, maar ons ken hom as Trossie,” het die bron vertel.  “Die Trossie is gewoond daaraan om mense te pla en aan te rand, en die polisie is bewus van hom,” het die bron uitgevaar.

“Dit het my heelnag gevat om die polisie in die hande te kry om die vrou te hulp te stel. Ek het polisie self geskakel, sonder enige sukses. Toe het ek die ambulansdienste geskakel om die polisie te bel, sonder enige sukses. Daarna het ek ons wyksraadslid geskakel om die polisie te kontak, sodat die vrou net gehelp kan word.

“Dis vrouemaand maar daar is geen beskerming vir die vroue van Vredendal van polisiekant nie.

“Die man het Sondagoggend ook twee laaities aangerand, een gesteek en een met ‘n beker op die kop geslaan. Ek weet ongelukkig nie of die ouers ‘n saak gaan maak het nie, want dit help nie sake word teen daai ou gemaak nie; die polisie tree nie op nie.

“Trossie en sy jong gangstervriende het een naweek ‘n vrou se hok demolish, toe vra die polisie dat die twee partye vrede moet maak. Waarom is die polisie dan daar?” wou die bron weet.

Die bronne verkies om anoniem te bly uit vrees vir vergelding.

*** Intussen is Henry Moses (39j) wat aangekla was vir die moord op sy saamleefmaat in April, Monique Thaboshe (23j) Maandag borgtog in die Vredendal hof geweier. Moses verskyn op 3 Oktober in die Vredendal streekhof, vir die moord op die oorledene.

Leave a Reply

error: Content is protected !!