Skip to main content

Die gemeenskap van Mbuzini het ‘n pasgebore babadogtertjie lewend gevind nadat sy in ‘n plastieksak by die plaaslike sportveld gelos is.

Volgens inligting is die skokkende ontdekking gemaak deur kinders wat Sondag op die sportveld gespeel het.

Hulle het dadelik hul ouers ingelig oor die baba, en een van die ouers het gehelp om die baba se naelstring veilig af te bind.

Sy is toe na een van die plaaslike hospitale geneem vir mediese aandag waar sy goed vorder.

Intussen is ‘n saak van verberging van geboorte geregistreer en die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die babadogter se ma om asseblief speurder ao Sipho Shekwa by 072 119 3487 of Stop Misdaadnommer 08600 10111 alternatiewelik op MySAPS-toepassing te kontak. Alle inligting wat ontvang word, sal met vertroulikheid hanteer word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!