Adele Kimble, ’n 75-jarige vrou van Nelspruit, is gister ongeveer 20:30 by haar huis langs die Uitkykpad deur twee mans aangeval en beroof.
Volgens Kimble was sy in haar slaapkamer en haar dogter buite met die honde doenig toe sy ‘n lawaai gehoor het.
“Ek het gedink my dogter roep vir my. Ek het by my kamer uitgekom en by die voordeur uitgekom. Een man het my gegryp en vasgehou. Toe kom ‘n ander man,” het sy aan Laevelder gesê.
Kimble se dogter vermoed dat daar meer twee rowers was want sy was buite deur twee aangehou en verhinder om in die huis te gaan. Sy self is nie beseer nie, maar haar ma het erge beserings in die rooftog opgedoen.
Beide vroue se selfone is gesteel.