GESAMENTLIKE MEDIA VRYSTELLING DEUR WES-KAAPSE REGERING EN STAD KAAPSTAD
Na dringende vergaderings deur die naweek, is die Wes-Kaapse regering en Stad Kaapstad diep bekommerd dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO) besluit het om sy voortdurende staking voort te sit en nie terug te kom na die Minibus-taxi-taakspan nie. Die onttrekking van taxidienste sedert Donderdag het ‘n verwoestende impak regoor Kaapstad en die provinsie gehad.
Lees meer hieronder:
“Dit is met groot teleurstelling dat ons kennis neem dat die verklaring wat deur SANTACO uitgereik is, bepalings en wysigings bevat wat nie ter tafel gelê of ooreengekom is tydens uitgebreide samesprekings gister tussen die Stad se burgemeesterskomiteelid vir stedelike mobiliteit, raadslid Rob Quintas, Wes-Kaapse minister van mobiliteit, Ricardo Mackenzie, nasionale minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, en die leierskap van SANTACO nie.
“Saam met die Stad Kaapstad het ons Vrydag ’n voorstel voorgelê om die impak van skut [van taxi’s] op taxi-operateurs te verlig, terwyl ons die komplekse uitdagings rondom bedryfslisensies en ander kwessies oplos. Ongelukkig is SANTACO se bykomende eise nie wetlik implementeerbaar nie en sal langer termyn verbintenisse met nasionale regering en ander rolspelers vereis. Op hierdie stadium het ons baie min opsies oor as SANTACO nie na die tafel sal terugkeer en die gesamentlike werk van ons Minibus-taxi-taakspan sal hervat nie,” het LUR Ricardo Mackenzie gesê.
Die bepalings van die aanbod is baie duidelik gekommunikeer, beide mondelings en skriftelik, en sal afhanklik wees van ‘n ooreenkoms tot die herstel van taxidienste en vrede.
Van die eise wat in SANTACO se verklaring weerspieël word, is toelating vir taxi’s om voorrang te hê in geel en rooi bane tydens spitstyd, toelating vir verkeersbelemmering, en ‘n opskorting van voorwaardes met betrekking tot bedryfslisensies.
“Daar moet kennis geneem word dat daar geen meganisme in die wet is wat ‘n opskorting op die voorwaardes van bedryfslisensies toelaat nie, en die Stad het ook nie die magtiging om wysigings aan die wette vervat in die Nasionale Grondvervoerwet aan te bring nie,” het raadslid Rob Quintas gesê.
Hierdie afwyking, tesame met die verbreking van die ooreengekome embargo van die inhoud van die onderhandelinge tot nadat die partye gister weer byeengekom het, wek ernstige kommer oor die opregtheid en toewyding van SANTACO om in goeder trou tot ‘n besluit te kom. Hulle ondermyn ook die vertroue en samewerkende gees wat sentraal in ons onderhandelinge gestaan het.
Die gepaardgaande geweld, intimidasie en vernietiging het gemeenskappe geterroriseer en enorme druk op noodsaaklike dienste en wetstoepassing geplaas. Mense kon nie by hul gesinne of by die werk, skool, winkels, klinieke en ander kritieke terreine kom nie. Hierdie toedrag van sake is onaanvaarbaar en die gevolge is nou ernstig. Baie regeringsdienste, insluitend gesondheids- en maatskaplike ontwikkeling, moet fasiliteite sluit en is nie in staat om broodnodige dienste aan gemeenskappe te verskaf nie.
Ons ander vervoeroperateurs, Golden Arrow Bus Services en MyCiTi, het aangehou om die meeste van hul geskeduleerde dienste onder ongelooflik wisselvallige toestande te laat loop, en het waar moontlik vlootkapasiteit bygevoeg om mense tuis te kry. Golden Arrow Bus Services kan nou nie in Khayelitsha, Nyanga, Philippi-Oos, Langa en Mfuleni werk nie weens uiterste vandalisme van busse en bedreigings vir die veiligheid van bestuurders en passasiers.
“Ons het probeer om in ‘n gees van opregte goeie trou betrokke te raak om die bekommernisse van die bedryf op ‘n praktiese en konstruktiewe wyse aan te spreek. Die voorgestelde kompromiemaatreëls het gepoog om ‘n balans te vind tussen die afdwinging van verkeersregulasies en die versekering van die gladde werking van die openbare vervoerstelsel, wat noodsaaklik is vir die mobiliteit en lewensbestaan van talle inwoners.
“Die Stad bly daartoe verbind om ’n wedersyds aanvaarbare oplossing te vind wat die belange van ons inwoners, die minibustaxibedryf en die algehele welstand van ons stad dien. Ons doen ‘n beroep op SANTACO se leierskap om die beginsels van deursigtigheid, integriteit en respekvolle betrokkenheid te handhaaf terwyl ons gesamentlik daarna streef om ‘n einde aan die huidige impasse te bring,’ het raadslid Rob Quintas gesê.
Dit is verder teleurstellend dat die Wes-Kaapse e-taxi-vereniging (WCEA) [soos Uber, In-Driver en Bolt] sedertdien by die minibus-taxi-staking aangesluit het en ‘n onvoorwaardelike moratorium op alle verdere skut van voertuie eis. Dit is ‘n bykomende slag vir pendelaars wat van e-taxi-dienste gebruik sou gemaak het in die afwesigheid van minibus-taxi’s.
‘n Bussie wat staf vervoer is aan die brand gesteek in Kayelitsha
Hoë risiko-areas wat vermy moet word:
Houtbay
Parkwood
Retreat
Steenberg
Lavender Hill
Sea Wings
Muizenberg
Capricorn
Sun Valley
Oceanview
Masiphumelele
Hanover Park
Wetton
Lotus River
Strandfontein
Manenberg
Heideveld
Gugulethu
Nyanga
Crossroads
Philippi
Samora Machel
Colorado
Morgan Village
Westgate
Westridge
Rocklands
New Woodlands
Woodlands
Lentegeur
Portlands
Beacon valley
Eastridge
Tafelsig
Mandalay
Monte Claire
Site B
Site C
Khayelitsha
Eyethu
Litho Park
Harare
Mandela Park
Kuyasa
Makhaza
Koeberg Road
Milnerton
Joe Slovo
Dunoon
Philadelphia
Bellville
Bellville South
Stikland
Kraaifontein
Bloekombos
Scottsville
Scottsdene
Langa
Bonteheuwel
Kalksteenfontein
Charlesville
Belhar
Delft
Kuilsriver
Blackheath
Bluedowns
Mfuleni
Eersteriver
Macassar
Strand
Somerset West