Skip to main content

Die term ‘swartmark’ moet nie gebruik word nie omdat dit rassisties is, het ‘n sambreelgroep wat vooraanstaande Britse bankiers verteenwoordig, gesê. Hulle wil eerder die meer verdraagsame term ‘onwettige mark’, gebruik.

UK Finance, ‘n groep wat die belange van Britse banke en finansiëledienstemaatskappye verteenwoordig, het ‘n lys frases uitgereik wat banke en finansiële instellings moet vermy uit kommer dat baie terme en frases in algemene gebruik as aanstootlik of diskriminerend beskou kan word.

Afgesien van die term swartmark, stel UK Finance se inklusiwiteitsgids, wat in 2021 uitgereik is, voor dat die term ‘swart hoed’ (black hat), wat in kuberveiligheid gebruik word om ‘n ongemagtigde gebruiker op ‘n netwerk aandui, vervang moet word met ‘oneties’. Hulle dring ook daarop aan om ‘gesonde verstand’ na ‘funksionele toets’ te verander om nie ‘n ‘vlak van gestremdheid’ aan te dui nie.

“Twee jaar gelede het ons ‘n verslag in samewerking met Ernst & Young en Microsoft uitgereik wat na die kwessie van taal in tegnologie en kubersekuriteit gekyk het,” het ‘n woordvoerder van UK Finance gesê, soos aangehaal deur The Telegraph.

Volgens David Postings, die uitvoerende hoof van UK Finance, neem die lobbygroep taalkwessies in die samelewing “uiters ernstig op”.

Die inisiatief is egter nie universeel verwelkom nie. Nigel Mills, ‘n Tory-LP, het die gids ‘woke nonsens’ genoem en gesê: “Jy sou dink bankbase sal eerder op die land se ekonomie fokus as dìt.”

Vroeër vanjaar het sommige LP’s die Londense burgemeester Sadiq Khan aan die kaak gestel nadat hy stadspersoneel verbied het om geslagspesifieke frases soos ‘dames en here’ te gebruik, en hulle aangespoor om eerder ‘mense’ of ‘Londoners’ te gebruik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!