Skip to main content

Hlulani Baloyi (47) het gister voor die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van die onwettige besit van renosterhorings en die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (NEMBA).

Die saak is tot Vrydag, 11 Augustus 2023 uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek.

Lede van die Benoni K9-eenheid het ‘n verdagte Toyota Etios opgemerk tydens ‘n roetine-patrollie langs die R21-hoofweg naby Atlasweg. Die lede het die voertuig, wat een insittende gehad het, gestop en deurgesoek. ‘n Geel plastieksak is onder die bestuurdersitplek gevind. ‘n Renosterhoring wat 1,6 kilogram weeg is daar versteek. Die bestuurder kon nie verduidelik hoekom hy in besit van die horing was nie.
Baloyi is dadelik in hegtenis geneem terwyl daar op die voertuig en die horing beslag gelê is.

Die saak is na die Germiston-gebaseerde Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad verwys vir verdere ondersoek.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!